Print page

Print version: TWR-SA article of 7-9-2010


Die betekenis van Christus se opstanding

kreuz.jpg

Die bewyse in die Nuwe Testament

Die Evangelies bevat oorvloedige getuienis van die opstanding van Christus (Mat. 28; Mar. 16; Luk. 24; Joh. 20). Benewens hier­die gedetailleerde verhale is die boek Handelinge die vertelling van die apostels se verkondiging van die opstanding van Christus en van voortdurende gebed tot God en vertroue in Hom wat leef en in die hemel regeer. Die Briewe is ook totaal afhanklik van die feit dat Jesus die Lewende, Regerende Verlosser is wie nou die verhoogde Hoof van die kerk is. Die boek Openbaring wys Christus herhaaldelik as die opgestane Here in die hemel en voorspel Sy wederkoms om Sy vyande te oorwin en te regeer in heerlikheid. Ons kan dus aflei dat die hele Nuwe Testament getuienis gee van die opstanding van Christus!

Na ’n lang bespreking oor die opstanding sluit Paulus af deur die lesers te bemoedig: “Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, want julle weet dat julle werk in die Here nie tevergeefs is nie” (1 Kor. 15:58). Hieruit sien ons die volgende:

1. Die opstanding is van toe­plassing op ons gehoorsaam­heid aan God in hierdie lewe

Omdat Christus uit die dood opgestaan het en ons ook eendag sal opstaan, moet ons steeds standvastig in die werk van die Here wees. Alles wat ons doen om mense in die Konink­ryk van die Here te bring en hulle op te bou, het ewige betekenis, want ons sal opgewek word die dag wanneer Jesus terugkom en saam met Hom leef tot in ewigheid.

2. Die opstanding help ons om op ons toekomstige hemelse beloning te fokus

Paulus sien die opstanding as ’n tyd wanneer al die moeilikhede van hierdie lewe beloon sal word. As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van alle mense (1 Kor. 15:17-19). Omdat Christus egter opgestaan het en ons saam met Hom opge­wek sal word, moet ons streef na ’n hemelse beloning en ons gedagtes op die hemelse dinge vestig:

“As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit. Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie. Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus geborge in God. Wanneer Christus, wat julle lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word” (Kol. 3:1-4).

3. Die opstanding bring ’n verpligting mee om nie aan sonde toe te gee nie

Wanneer Paulus verklaar dat ons onsself “dood moet reken vir die sonde en lewendig vir God in Christus Jesus” as gevolg van Christus se opstanding en Sy opstandingskrag in ons (Rom. 6:11), sê hy onmiddellik daarna, “Moenie dat sonde in julle verganklike liggame heers nie … Moenie julle lede oorgee aan sonde nie” (Rom. 6:12-13). Juis omdat ons hierdie nuwe opstandingskrag het wat oor die dominansie van sonde in ons lewens heers, vermaan Paulus ons om nie meer aan te hou sondig nie.

(Ontleen aan Systematic Theology deur Wayne Grudem.)

Christus het opgestaan, daarom:


Danie du Preez – February, 2008


www.twr.org.za
Print page

© Trans World Radio-SA
Private Bag 987, Pretoria, 0001
All rights reserved.